TIllie Mathilda | Musiekteater

Schedule

Sat, 08 Aug, 2026 at 06:00 pm

UTC+02:00
Location

Hermanus Auditorium | Hermanus, WC

Advertisement
Tillie/Mathilda: ’n Rou en eerlike blik op vrouwees, oorlewing en menswaardigheid
Met: Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar
Teks: Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar
Medewerker: Christo Davids
Musikale regisseur: Coenraad Rall
Twee prostitute – een oud, een jonk en onvervare. Dit is Tillie se eerste nag. Mathilda, die ervare vrou, ontferm haar oor die weerlose meisie van die platteland.
Hul stories ontvou as ’n universele stem van vroue, ongeag hul omstandighede – of dit nou hoop of desperaatheid, oorlewing of verlies is.
Met ’n mengsel van humor, satire en tragedie, en ’n rou eerlikheid, bied hierdie produksie ’n blik op lewens waarop die samelewing dikwels oordeel en neerkyk.
Die verhaal word verweef met oorspronklike musiek en verwerkings deur Coenraad Rall.
Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar, wat saam in Binnelanders verskyn het, deel nou die verhoog in hierdie spesiale produksie wat geskep is vir die 30ste viering van die KKNK.
Ouderdomsbeperking: Geen kinders onder 13
Advertisement

Where is it happening?

Hermanus Auditorium, Fire Station Hermanus, Magnolia Ln, South Africa, Hermanus

Event Location & Nearby Stays:

Know what’s Happening Next — before everyone else does.
Kalfiefees
Host or PublisherKalfiefees

Ask AI if this event suits you