Mel die Storieverteller - KALFIEFEES, HERMANUS - Internet Sensasie
Advertisement
⚠️ Waarskuwing: Hierdie vertoning kan lei tot onbeheerbare lagbuie!
Mel die Storieverteller is op pad na die Kalfiefees met haar komiese treffer Internet Sensasie — ’n aand vol lag, stories en daai oomblikke wat ons almal nét te goed ken! Bring jou mense, los jou stres by die huis en kom geniet ’n heerlike aand se vermaak.
🎟️ Koop nou jou kaartjie voor iemand anders jou sitplek “like”!
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s
Venue: Hermanus Munisipale Ouditorium
Adres: 1 Harmony Avenue, Hermanus
Kaartjieprys: R180pp
Deure open: 17:30
Vertoning begin: 18:00
Kaartjies: https://kalfiefees-hermanus.co.za/vertoning/internet-sensasie/

Where is it happening?
Hermanus, South Africa
Event Location & Nearby Stays:
Know what’s Happening Next — before everyone else does.
Host or PublisherMDS Management