Kronieke van Buks | Kabaret

Schedule

Thu, 06 Aug, 2026 at 12:00 pm

UTC+02:00
Location

Hermanus Auditorium | Hermanus, WC

Advertisement
Die kronieke van Buks: ’n Komiese kabaret oor ’n klein hond met groot insig in ’n dorpie vol geheime
Met: André Schwartz en Bryan Schimmel (klavier)
Teks: André Schwartz
Regie: Lihan Pretorius
In die stofstrate van Paul Roux blaf Buks koning – ’n klein Chihuahua wat dink hy is so groot soos ’n renoster.
In hierdie komiese kabaret triptrap Buks van huis tot huis, hoor die skinder en ontdek die geheime.
Hy word bederf met brokkies nuus en brokkies lekkernye, en word so die toegangspoort tot die lewens van die dorpsmense.
Maar die dorp begin uitmekaar val en almal leef op die rand van chaos.
Die karakters is eiesoortig en skrikwekkend identifiseerbaar, en tussen die humor en die seer ontvou ’n wêreld wat baie nader aan die werklikheid lê as wat mens sou dink.
Die gestroopte musiek van onder andere Billy Joel word soomloos ingeweef in die narratief en vorm die hartklop van hierdie dorpie – ’n mikrokosmos van die wêreld waarin ons leef.
Tydsduur: 75min
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Advertisement

Where is it happening?

Hermanus Auditorium, Hermanus, Western Cape, South Africa

Event Location & Nearby Stays:

Know what’s Happening Next — before everyone else does.
Kalfiefees
Host or PublisherKalfiefees

Ask AI if this event suits you