TIMOTHY KIESWETTER: KOEKE EN TERTE – Die GAME SHOW - Ladies Night

Schedule

Tue, 29 Sep, 2026 at 08:30 pm

UTC+02:00
Location

Die Boer | Durbanville, WC

Timothy Kieswetter, die bekende Gesonde Seks terapeut en komediant, is vanaand julle GAME SHOW host. KOEKE EN TERTE – DIE GAME SHOW herskryf die reëls van wat ‘n opvoedkundige komedie kan wees.
Meer FUN
Meer VERSTAAN
Meer LAG
Meer ONTSPAN
Meer BEGRIP
Deur middel van ‘n app op jou foon, gee almal in die gehoor anoniem terugvoer en vorm jy deel van ‘n unieke interaktiewe ervaring.
Met GAME SHOW elemente soos:
Wat is jou Koek-Karakter?
Het jou ma jou groot gemaak en voorberei om in die koek-span of tert-span te speel?
Wat is jou man se Koek-Smaak?
Is hy tradisioneel en geniet sy VANILLA koek of is hy kinky en braaf en lus vir ‘n stukkie RED VELVET?
Is ek die doos?
Is ‘n speletjie waar ons uitvind of jou man ‘n aspris doos of ‘n per ongeluk doos is?
· Identifiseer jou man se EMOJI.
Is ‘n speletjie waar ons die verskillende emosies van vrouens en mans teenoormekaar opweeg en vra: “🍆🍌😈🍑”
KOEKE EN TERTE – Die GAME SHOW is ‘n Ladies Night vir almal jonk en oud, enkel of getroud. Koek of Tert. Maak nie saak hoe jy jou deeg vou nie, hierdie show gaan jou oë oopmaak tot die feit dat jy soveel meer is.
Of jou fondant nou al ‘n bietjie hard en droog is en of jou room al ‘n bietjie suur is, jou man gaan nie kan help om weer sy lippe vir jou af te lek nie.
Kom giggel en bloos saam met jou vriendinne, terwyl jy die resep kry om jou huwelik NIE te laat flop nie.
Kom beleef ‘n show soos wat jy nog nooit vantevore beleef het nie! En stap weg met ‘n persoonlike antwoord op jou unieke situasie.

Where is it happening?

Die Boer, Chenoweth Straat 6, ,Cape Town, Western Cape, Durbanville, South Africa
Know what’s Happening Next — before everyone else does.
Die Boer
Host or PublisherDie Boer

Ask AI if this event suits you