ELZABE ZIETSMAN in WAT OM TE DOEN AS DIE WÊRELD BRAND

Schedule

Fri, 21 Aug, 2026 at 08:30 pm

UTC+02:00
Location

Die Boer | Durbanville, WC

Advertisement
WAT OM TE DOEN AS DIE WÊRELD BRAND is ‘n splinternuwe kabaret wat spesiaal vir die legendariese Elzabé Zietsman geskep is deur digter en skrywer Bibi Slippers.
Die wêreld is aan die brand, maar die engel / orakel / demi-godin wat die kliëntedienssentrum van die kosmos eiehandig beman, is afgeboek weens uitbranding. Die groot oor van die heelal is geheel en al oor dit. Wie gaan nou na die mensdom se gesanik luister, raad gee oor verhoudings en vure doodslaan waar hulle dreig om verwoesting te saai? In hierdie kabaret vertolk Elzabé Zietsman die rol van ‘n “Vra Dr. Adri” agony aunt vir alles en almal in die universum, met vurige vertolkings van bekende treffers en ‘n pragmatiese benadering tot oorlewing in tye wat voel soos die einde van dae.
Geskryf en saamgestel deur BiBi SLiPPeRS
Met musiekregisseur Jody Jason Peterson
Regie deur Bibi Slippers
Vervaardig deur Drama Drama
Advertisement

Where is it happening?

Die Boer, Chenoweth Straat 6, ,Cape Town, Western Cape, Durbanville, South Africa

Event Location & Nearby Stays:

Know what’s Happening Next — before everyone else does.
Die Boer
Host or PublisherDie Boer

Ask AI if this event suits you