Mathys Roets - Klankspoor 60:30

Schedule

Wed Sep 02 2026 at 07:00 pm to 08:30 pm

UTC+02:00
Location

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa | Pretoria, GT

Advertisement
60 Jaar se spore, 30 Jaar se klanke
Een vertoning. ’n Leeftyd se musiek.
Na drie dekades in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en met meer as 30 CD’s en DVD’s agter sy naam, vier Mathys Roets sy 60ste verjaarsdag met ’n besondere nuwe produksie: Klankspoor 60:30.
Die vertoning neem gehore op ’n musikale reis deur die afgelope 30 jaar, vanaf die musiek van Koos du Plessis wat gelei het tot Mathys se eerste CD-opname, Nokturne, tot die talle liedjies en stories wat sy loopbaan gevorm het.
Voor die verhoogligte en teaterproduksies was daar restaurante en kleiner, intieme optredes - ervarings wat uiteindelik ontwikkel het tot die gevestigde kunstenaar en storieverteller wat gehore vandag ken. Klankspoor 60:30 vier nie net die mylpale van ’n merkwaardige loopbaan nie, maar ook die musiek wat oor dekades heen aanklank gevind het by luisteraars regoor die land.
“Musiek laat spore - soos elkeen van ons deur die lewe beweeg,” sê Mathys. “Hierdie vertoning vertel die stories van liedjies waarmee ek, en hopelik ook die gehoor, oor jare kon assosieer.”
Met sy kenmerkende stem, eerlike vertellings en tydlose musiek beloof Klankspoor 60:30 om ’n emosionele en nostalgiese ervaring te wees wat hulde bring aan die klankbaan van ’n leeftyd.
Mathys deel die verhoog met:
Matthys Maree op klavier
Johan Liebenberg op kitaar
Liesl du Toit as agtergrondstem
asook Danie Niehaus as Gaskunstenaar
Klankspoor is meer as net ’n konsert - dit is ’n viering van herinneringe, musiek en die spore wat liedjies in mense se lewens laat.
Advertisement

Where is it happening?

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, Pretoria, South Africa

Event Location & Nearby Stays:

Know what’s Happening Next — before everyone else does.
Fairtree Atterbury Teater\/Theatre
Host or PublisherFairtree Atterbury Teater/Theatre

Ask AI if this event suits you