Lize Beekman - In Antwoord
Met haar kenmerkende diepte, warmte en poëtiese verhalende styl, voer sy ’n unieke gesprek met haar gehoor deur middel van musiek, briewe en gedigte in beide Afrikaans en Engels - woorde uit haar eie skryfpen en ook dié van ander.
Beekman weef nuwe en bestaande skeppings saam in ’n program wat tegelykertyd persoonlik én universeel is.
Saam met haar op die verhoog is Babette Viljoen (klavier, baskitaar & perkussie).
In antwoord beloof ’n mooi en rustige ervaring van woorde en musiek.
Where is it happening?
Event Location & Nearby Stays:

















