Willem Botha Make-Up Masterclasses

Schedule

Sat, 05 Sep, 2026 at 09:30 am

UTC+02:00
Location

Menlyn Barnyard | Pretoria, GT

Advertisement
Willem Botha is weer terug vir nog 'n onvergeetlike oggend by 'n Willem Botha Make-Up Masterclass. Hierdie keer is Rolene Strauss ook daar met 'n tikkie inspirasie vir elke vrou.
Kom kuier saam by Barnyard Theatre - Menlyn in Pretoria vir 'n onvergeetlike oggend van musiek, grimeerwenke en lekker kuier! Ideaal om 'n vriendin, kollega of familielid te bederf.
Willem Botha Beauty is ook daar met hul volle reeks produkte vir jou om te toets en jouself te bederf.
Twee kaartjieopsies beskikbaar:
Normale Kaartjie vir slegs R550pp sluit in:
- verwelkomingsdrankie
- ligte vingerhappies
VIP Kaartjie vir slegs R850pp sluit in: (waarde van R1 800+)
- verwelkomingsdrankie
- ligte vingerhappies
- sitplek by 'n tafel in voorste deel van die venue
- 2 x bottels wyn per tafel
- Willem Botha Beauty Dual Wand Tubing Mascara ter waarde van R280
- 10% afslag op enige 2 x Willem Botha Beauty produkte op die dag
- R500 afslag voucher op enige GHD core elektriese produk aanlyn
- R350 afslag voucher van Purenity Salon wat Willem Botha se hare doen
- R150 afslag voucher van Pure Nail Artistry
- R100 afslag voucher van Roxanah Jewellery
- 'n Gratis parkeerkaartjie

Kontantkroeg en koffiekroeg sal beskikbaar wees. Die venue is cashless.
Deure open, grimering verkope en vingerete vanaf 08:00. Teater deure open 08:30 en event begin stiptelik 09:30.
LW: TAFELS - jy bespreek 'n sitplek aan 'n tafel en nie spesifieke stoel aan die tafel nie
NB: die gratis produk in die geskenk pak kan NIE omgeruil word nie.
Advertisement

Where is it happening?

Menlyn Barnyard, Pretoria, Barnyard, South Africa

Event Location & Nearby Stays:

Know what’s Happening Next — before everyone else does.

Ask AI if this event suits you