Kultura-Fees: Liewe Heksie en die Wals

Schedule

Sat Aug 01 2026 at 10:00 am to 11:00 am

UTC+02:00
Location

2 Akademia Road, Groot Phesantekraal, Durbanville , 7550 Cape Town, South Africa | Durbanville, WC

Advertisement
Liewe Heksie en die Wals
met Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl
“Haai oe julle stoute kabouters!”
Wat gebeur as Liewe Heksie besluit om deel te neem aan Blommeland se eie “Strictly Come Dancing”? En weet sy ooit wat ’n wals is? Wanneer Levinia die belangrike taak kry om die Silwerroos op te pas, raak dinge nog meer spannend, want die Geelheks wil haar kloue daarop kry! Liewe Heksie belowe egter om die Silwerpapawer met haar lewe te beskerm … maar soos altyd loop dinge nie heeltemal volgens plan nie.
Hierdie sprankelende produksie gee weer lewe aan Verna Vels se geliefde stories met humor, energie en gehoordeelname. Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl spring met oorgawe in verskeie karakters in en betrek die gehoor by ’n wêreld van verbeelding en pret.

Die duo is al verskeie kere genomineer vir toekennings soos die kykNET Fiëstas, Fleur du Cap en KKNK Kannas en spog reeds met twee KKNK Kanna-toekennings vir kinderteater.
Teks: Margit Meyer-Rödenbeck
Regie en Vervaardiging: Margit Meyer-Rödenbeck
Advertisement

Where is it happening?

2 Akademia Road, Groot Phesantekraal, Durbanville , 7550 Cape Town, South Africa

Event Location & Nearby Stays:

Know what’s Happening Next — before everyone else does.
Curro Durbanville High School
Host or PublisherCurro Durbanville High School

Ask AI if this event suits you