DIE VYFTIGERS met NEIL SANDILANDS, GIAN GROEN, SCHALK JOUBERT en ABEL KRAAMSAAL
Schedule
Tue, 24 Mar, 2026 at 08:30 pm
UTC+02:00Location
Die Boer | Durbanville, WC
Advertisement
“Die Vyftigers” se technicolor sweefmat vlieg weer, vir oulaasste laas, drie enkelaande in 2026. Die vorige boksemdaais by Die Boer was guit en vroegdag uitverkoop. Gehore landswyd is gedurende 2025 deur dié viermanskap bekoor. Eietydse mitologie is gestig en NOU is jou geleentheid om te kom meemaak aan dié kultuurskat. 4 Kontemporêre muskant-liedjieskrywers, ’n kruiwavol toekennings tussen die lot, iederelk het in 2025 die 50ste merk op die kettie gekerf, wat kan nou verkeerd gaan? Alles! Op die regte manier! Met Gian Groen, Neil Sandilands, Schalk Joubert & Abel Kraamsaal.In die woorde van Mariana Malan: “Die interaksie tussen die musikante is vars & fris. Hulle praat die taal van jou drome. Jy ervaar ’n jong, loslittige taal wat jou hart laat warm klop en jou voete laat jeuk in ’n formidabele viering van Afrikaanse musiek. “Die Vyftigers” is 50 keer die moeite werd”.
Daar is word slegs drie vertonings van “Die Vyftigers” in 2026 beplan: 31ste Januarie, “Bodemloos” (Grabouw), 24 Maart, “Die Boer” (Durbanville) en tydens KKNK, 31 Maart, by die ABSA Burgersentrum te Oudtshoorn. Kom net.
Advertisement
Where is it happening?
Die Boer, Chenoweth Straat 6, ,Cape Town, Western Cape, Durbanville, South AfricaEvent Location & Nearby Stays:
Know what’s Happening Next — before everyone else does.















