Vroue wat VERSORG en VERSTERK
Advertisement
Vroue wat versorg en versterk is 'n fondsinsameling inisiatief ten bate van die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut waar tuisversorgingstudente in Afrikaans opgelei word.
Die behoefte aan goed opgeleide tuisversorgers is geweldig groot in Suid-Afrika. Daarom fokus die Opleidingsinstituut daarop om gemeenskappe toe te rus met tuisversorgers van gehalte wat kwesbare mense met waardigheid, deernis en respek in hul moedertaal kan versorg. Ons opleiding is van wêreldgehalte en benader kinders, persone met gestremdhede, bejaardes en hul families se behoeftes op 'n betekenisvolle wyse.
Kom geniet 'n inspirerende versorg-oggend by Batter Boys in Montana, Pretoria. Ons gasspreker, dr. Judey Pretorius van BioMedical Emporium, gaan gesels oor die onderwerp "Voel gemaklik in jou eie vel – wenke en benodigdhede".
💄 Gaste kan ook uitsien na 'n grimeerwerkswinkel deur Jeandelene van Miss Jaydeekay.
Sy gaan praktiese wenke en demonstrasies deel oor die aanwending van grimering, produkte en bekostigbare alternatiewe.
Twee gelukkige dames sal deur middel van 'n lootjietrekking gekies word as demonstrasiemodelle van die grimeerwerkswinkel.
Gaste kan ook uitsien na heerlike verversings, interessante stalletjies en gelukkige trekkings.
Hierdie oggend beloof om 'n besonderse kuier- en netwerkgeleentheid vir dames te wees – 'n geleentheid om jouself te geniet, nuwe mense te ontmoet, iets nuuts te leer en terselfdertyd by te dra tot 'n groter doel – die opleiding van tuisversorgers.
Tuisversorgers maak daagliks 'n blywende verskil in die lewens van kwesbare individue en hul families. Die impak van kwaliteitversorging strek veel verder as net een persoon – dit skep hoop, herstel waardigheid en laat 'n positiewe rimpeleffek deur die hele gemeenskap.
📍 Batter Boys, Jeugdstraat 32, Montana, Pretoria
📅 Saterdag 25 Julie 2026
🕣 Gaste welkom vanaf 08:30
⏰ Program begin om 09:00 en duur tot 13:00
🎟️ Kaartjies: R400 per persoon
(Dit sluit 'n ligte middagete en verversings in.)
Hierdie dag is vir jóú, want vroue wat ander versorg, verdien dit om ook versorg te word.

Where is it happening?
Batter Boys Village, 17 Jeugd Rd, Tshwane, 0159, South Africa, Pretoria
Event Location & Nearby Stays:
Know what’s Happening Next — before everyone else does.
Host or PublisherSolidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut