Vlerksleep || AfriForum Teater

Schedule

Fri, 24 Jul, 2026 at 07:00 pm to Sun, 26 Jul, 2026 at 03:00 pm

UTC+02:00
Location

Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison- en 13de Straat, Pretoria, South Africa | Pretoria, GT

Advertisement
Volgens die verklarende woordeboek van die Afrikaanse taal beteken “vlerksleep” om by ’n meisie aan te lê, soos wat mannetjiesvoëls – veral duiwe – hulle vlerke sleep om die wyfies se aandag te trek!
In regisseur Frans Swart se nuwe produksie Vlerksleep deur Peter Quilter ontmoet ons vir Anton (David James) en Louise (Elma Potgieter), beide in hul laat vyftigs. Albei is ook onlangs geskei en nou in die proses om te begin kyk na nuwe metgeselle deur op ’n aantal toe-oogafsprake te gaan. Vlerksleep volg die twee se eskapades deur ’n reeks onverwagte, eksentrieke en wisselvallige romantiese probeerslae waar absoluut niks volgens plan verloop nie!
Kom sleep vlerk saam met David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen en Steffie le Roux.
Deur Peter Quilter | Vertaling en regie Frans Swart
Met David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen en Steffie le Roux
Advertisement

Where is it happening?

Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison- en 13de Straat, Pretoria, South Africa

Event Location & Nearby Stays:

Know what’s Happening Next — before everyone else does.
AfriForum Teater
Host or PublisherAfriForum Teater

Ask AI if this event suits you