UITVERKOOP: Hofstories - Van agter die Toga

Schedule

Sat, 13 Jun, 2026 at 04:30 pm

UTC+02:00
Location

Be Human - Middelwater Farm | Bloemfontein, FS

Advertisement
FONDSINSAMELING TEN BATE VAN HOSPICE BLOEMFONTEIN
Hulle sê mos: wat in die hof gebeur, bly nie altyd in die hof nie… veral nie as dit goeie stories is nie!
Ons nooi jou graag uit na Xtreme Dreams 4.0, ’n aand ten bate van Hospice Bloemfontein, waar die tema hierdie jaar “Hofstories” is.
Twee manne wat al meer tyd in hofsale deurgebring het as wat meeste mense wil erken — Stanley Reinders en Willem Edeling — gaan die verhoog betree met ’n versameling egte, ongelooflike en soms skreeusnaakse stories uit die wêreld van die reg.
Bring ’n paar vriende, kollegas of kliënte saam en bespreek ’n tafel vir ’n aand van lekker lag en goeie geselskap. Daar wag ’n smullekker spitbraai met bykosse, en vir die wie se keel droog raak van al die lag, sal daar ook ’n kontantkroeg wees.
Bespreek jou plek hier: https://forms.gle/ExM4PfGkWuZJw1vT6
Kom lag eet lekker saam en help ons terselfdertyd om ’n groot verskil te maak vir Hospice Bloemfontein.
Ek sien jou daar!
Navrae:
Pieter Skein: 082 444 4398
Melissa Janse van Rensburg: 072 999 9992 - [email protected]
Advertisement

Where is it happening?

Be Human - Middelwater Farm, Bloemfontein, South Africa

Event Location & Nearby Stays:

Know what’s Happening Next — before everyone else does.
Xtreme Bikers
Host or PublisherXtreme Bikers

Ask AI if this event suits you