Richard van der Westhuizen - 40 || AfriForum Teater

Schedule

Sat, 25 Jul, 2026 at 03:00 pm

UTC+02:00
Location

Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison- en 13de Straat, Pretoria, South Africa | Pretoria, GT

Advertisement
In 2026 vier ons die merkwaardige loopbaan van Richard van der Westhuizen – ’n kunstenaar wat al diep spore in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf getrap het. Vir meer as vier dekades lank voer Richard gehore mee – vanaf sy verhoogdebuut in Die Van Aardes van Grootoor in 1979 tot sy onvergeetlike vertolking van die temalied vir Ballade vir ’n Enkeling, asook bekroonde rolle in teaterproduksies, gewilde televisiereekse, rolprente én ’n musiekloopbaan wat goue status behaal het.
Richard is die toonbeeld van volgehoue toewyding en kunstenaarskap. Hy is nie net ’n verteller nie – hy is ’n bewaker van die Afrikaanse taal, ’n draer van kultuur en ’n stem vir ’n volk se verlange en vreugde. In die produksie Richard van der Westhuizen – 40 eer ons nie net ’n loopbaan nie, maar ’n lewe van kreatiewe oorgawe.
Met Richard van der Westhuizen en Andrew Roos (klavier)
Advertisement

Where is it happening?

Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison- en 13de Straat, Pretoria, South Africa

Event Location & Nearby Stays:

Know what’s Happening Next — before everyone else does.
AfriForum Teater
Host or PublisherAfriForum Teater

Ask AI if this event suits you