Geagte Kampeerders, met Wynand van Vollenstee en Thiart Li || AfriForum Teater
Schedule
Sat, 18 Oct, 2025 at 07:00 pm
UTC+02:00Location
Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison- en 13de Straat, Pretoria, South Africa | Pretoria, GT
Advertisement
π’ βGeagte Kampeerders, as jy moeg word vir die lewe in die stad, vat net die Willewaters-pad β die bogemiddelde, sagte grondpad. Met ekstragroot staanplekke, welige wilgerbome en kabbelende waters. Hengelaarsparadys, behulpsame personeel, ekstra breedte supertube en mensgemaakte warmwaterbronne, met βn uitputtende dagprogram vir oud en jonk β¦βπ³Dit was wat geadverteer was, maar as iets te goed klink om waar te wees β¦π
In hierdie splinternuwe komedie is Wynand van Vollenstee te sien as Oom Frik, opsigter, eienaar en bestuurder van die Willewaters Kampeerterrein. Elke Desember staan hy slaggereed om die groot gros Transvalers te ontvang. Maar wanneer groot tragedie die kampterrein tref en mense forseer word om Moeder Natuur, afblaasmatrasse, neus-in-die-lug-bure, ongeskikte kinders, iemand se rondloperhond en die snobistiese chaletbewoners te leer ken, is die gort behoorlik gaar.
Kom lag lekker vir hierdie histeriese komedie en beleef al die tipiese kampkarakters wat altyd hul verskyning by enige kampterrein maak.ποΈπ€£
Advertisement
Where is it happening?
Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison- en 13de Straat, Pretoria, South AfricaEvent Location & Nearby Stays: