My Boetie se Sussie se Ou || AfriForum Teater
Schedule
Wed, 01 Oct, 2025 at 07:00 pm to Sat, 04 Oct, 2025 at 07:00 pm
UTC+02:00Location
AfriForum Teater | Pretoria, GT
Dis reg: In My boetie se bussie se ou is dit agtien jaar later en John hou steeds twee families in verskillende dele van Londen aan, al twee dolgelukkig en salig onbewus van mekaar. Maar dan ontmoet sy twee tieners – ’n dogter van die een gesin en ’n seun van die ander – mekaar op sosiale media en besluit angstig om mekaar in persoon te ontmoet. John se reeds gejaagde lewe versnel tot in hoogste rat en moet hy spook om hulle uitmekaar te hou.
My boetie se sussie se ou is die Afrikaanse verwerking van Ray Cooney se Caught in the net, met regie deur Suid-Afrika se eie klugkoning, Frans Swart.
Deur Ray Cooney
Vertaling: Pierre van Pletzen
Regisseur en vervaardiger: Frans Swart
Met Phillru van Achterbergh, Botha Enslin, Marissa Claasen, Danielle Britz, Stefan Lotter, Nikita Meyer en Nico Loubser as Dêda
Where is it happening?
AfriForum Teater, Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison- en 13de Straat,Pretoria, South AfricaEvent Location & Nearby Stays: