Eerste vir Alles

Schedule

Tue, 03 Nov, 2026 at 07:00 pm

UTC+02:00
Location

Fairtree Atterbury Teater/Theatre | Pretoria, GT

Advertisement
Met: Frank Opperman & Margit Meyer-Rödenbeck.
Eeue nadat hulle uit die paradys gesmyt is, besin Adam en Eva oor die huwelik. Kyk hier, dit was nie maklik om die proto-paartjie te wees nie, hoor? Alles moes vir die eerste keer uitgepluis word: liefde, kinders en huishou. Nou dat die laatlammetjie die huis verlaat het Adam en Eva weer binnekort net mekaar vir geselskap. Sien hulle kans vir nog ‘n honderd jaar saam en sal hulle sondes hulle ontsien? Na baie goed en kwaad het Adam en Eva vir oulaas ‘n appeltjie met mekaar te skil.
Twee van ons land se gedugste storievertellers span kragte saam om die oorspronklike “power couple” te vertolk ’n klassieke geval van “he said, she said.” Eva (Meyer-Rödenbeck), ’n gefrustreerde kunstenaar, kry uiteindelik ’n beurt om haar kant van die storie te vertel, die liefde en leed van die eerste moeder en huisvrou. Adam (Opperman) glo ook nie hy’t dit maklik gehad nie. Die handboek vir menswees is eers na sy tyd geskryf.

Eerste vir Alles is ’n romantiese komedie oor ou bene saam maak, veral as een die ander ’n ribbebeen skuld.

Teks en regie: Wessel Pretorius

Verhoogbestuur Wicus Louw

’n Ko-produksie van Suidoosterfees & Vrystaat Kunstefees, moontlik gemaak deur Het Jan Marais Nationale Fonds
Advertisement

Where is it happening?

Fairtree Atterbury Teater/Theatre, Safari Fishing, Daventry Rd, Tshwane, 0081, South Africa, Pretoria

Event Location & Nearby Stays:

Know what’s Happening Next — before everyone else does.
Fairtree Atterbury Teater\/Theatre
Host or PublisherFairtree Atterbury Teater/Theatre

Ask AI if this event suits you