‘n Skatkis uit ons musiekverlede || AfriForum Teater
Met Bryan Schimmel as pianis en musiekregisseur word hierdie produksie ’n intieme maar kragtige huldeblyk aan die liedjies en veral die vroue wat ons musieklandskap help vorm het. Deur ikoniese liedjies en humor word ’n musikale “skatkis” oopgemaak, van Miriam Makeba se wêreldklanke tot Afrikaanse gunstelinge van Laurika Rauch en Sonja Herholdt.
Die produksie vier die ryk, veelstemmige erfenis van Suid-Afrikaanse musiek – ’n skatkis nie van goud nie, maar van stories, emosie en onvergeetlike melodieë.
Met Stephanie Baartman en Bryan Schimmel (klavier)
Deur Stephanie Baartman en Bryan Schimmel | Regie Frans Swart
Where is it happening?
Event Location & Nearby Stays:



















