Wat om te doen as die wêreld brand - Elzabé Zietsman | Die Centurion Teater
Schedule
Sun, 05 Jul, 2026 at 04:00 pm
UTC+02:00Location
Die Centurion Teater | Centurion, GT
Advertisement
🎭 WAT OM TE DOEN AS DIE WÊRELD BRAND✨ ’n Nuwe Kabaret met Elzabé Zietsman
Die wêreld is aan die brand… en die kosmos se kliëntediens is gesluit weens uitbranding.
📅 Datum: Sondag, 5 Julie 2026
🕒 Tyd: 16h00
💰 Kaartjies: R235
🎟️ Bespreek nou: https://qkt.io/WatOmTeDoenElzabeCT26
Die engel/orakel/demi-godin wat die kliëntedienssentrum van die kosmos eiehandig beman, is afgeboek. Die groot oor van die heelal is oor dit. Wie gaan nou na die mensdom se gesanik luister, raad gee oor verhoudings en vure doodslaan?
In hierdie kabaret vertolk Elzabé Zietsman die rol van ’n ‘Vra Dr Adri’-agony aunt vir alles en almal in die universum, met vurige vertolkings van bekende treffers en ’n pragmatiese benadering tot oorlewing in tye wat voel soos die einde van dae.
🎭 Benoem vir DRIE Kanna-Pryse by die KKNK 2026!
Met: Elzabé Zietsman & Jody Jason Petersen
Teks & Regie: Bibi Slippers
Musiekregie: Jody Jason Petersen
Vervaardiger: Drama Drama
Tydsduur: 70 min
Ouderdomsbeperking: Geen o.13
#WatOmTeDoenAsDieWereldBrand #ElzabeZietsman #CenturionTeater
Advertisement
Where is it happening?
Die Centurion Teater, 123 Amkor Road,Centurion, Gauteng, South AfricaEvent Location & Nearby Stays:
Know what’s Happening Next — before everyone else does.














