VROUEDAG met SUSAN COETZER - SUPER C (Ingesluit verwelkomings glas KWV vonkelwyn)
Schedule
Sat, 21 Mar, 2026 at 10:30 am
UTC+02:00Location
Die Boer | Durbanville, WC
Advertisement
Voel jy dikwels platgeslaan en oorweldig (selfs al is jy ‘n Christen)? Voel jy jy oorleef net-net en leef nie jou volle potensiaal uit nie? Kom jy gereeld blydskap, lewenslus, passie en krag kort? Dan is dit tyd vir Super C.Op Saterdagoggend 21 Maart 2026 is Susan Coetzer weer by Die Boer in Durbanville– die keer met haar splinternuwe boek, Super C, onder haar vlerk en ‘n humoristies inspirerende Super C praatjie wat beloof om jou lag - en jou geestelike spiere te prikkel. Sy deel die terugslae en oorwinnings uit haar lewe, die ou gewoontes wat sy moes afleer en die bemagtigende nuwe gewoontes wat sy aangeleer het om van sukkelende (Su)sannie tot Supervrou te ontwikkel.
Bespreek nou jou plek vir Super C –net wat die dokter bestel het om jou stertjie weer te laat swaai.
Deure open 10:30. Dames word verwelkom met 'n glasie KWV vonkelwyn en bestel hul kos. Susan begin 11:00 met haar praatjie.
Vanaf ongeveer 12:30 word kos bedien en dames kan heerlik verder kuier tot 15.00.
Advertisement
Where is it happening?
Die Boer, Chenoweth Straat 6, ,Cape Town, Western Cape, Durbanville, South AfricaEvent Location & Nearby Stays:
Know what’s Happening Next — before everyone else does.



