'Vroue wat versorg en versterk' damesoggend
Advertisement
Vroue wat Versorg en Versterk is 'n damesoggend ten bate van die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut se tuisversorgingstudente.
📅 Datum: Saterdag, 3 Oktober 2026
🕣 Tyd: 08:30 vir 09:00–13:00
📍 Plek: Batter Boys, Montana, Pretoria
🎟️ Koste: R350 per persoon (sluit 'n verwelkomingskelkie en 'n ligte middagete in)
Klik hier om 'n kaartjie te koop: https://onskoopplek.co.za/product/vroue-wat-versorg-en-versterk/
Die program sluit die volgende in:
* 'n Grimering-masterclass aangebied deur Miss JayDee Kay
* Dr. Judey Pretorius (Stigter en besturende direkteur: BioMedical Emporium) gesels oor die onderwerp: "Hoe om gemaklik te voel in jou eie vel"
* Dawie Roodt, (Stigter, direkteur en hoofekonoom: Efficient Group), wat gesels oor die stand van Suid-Afrika se ekonomie
Die doel van die geleentheid is om fondse in te samel om die Opleidingsinstituut se tuisversorgingstudente te ondersteun, sodat hulle hul studies kan voltooi en hul roeping kan uitleef om kinders, bejaardes, persone met gestremdhede en ander kwesbare mense regoor Suid-Afrika met waardigheid, deernis en professionele sorg te versorg.
"Vroue wat Versorg en Versterk" is egter veel meer as net 'n fondsinsameling. Dit is 'n geleentheid waar sakevennote, gemeenskapsleiers en vroue met 'n hart vir mense saamkom om te belê in die volgende generasie professionele tuisversorgers.
Daar wag ook heerlike eetgoed, eksklusiewe goodie bags, fantastiese pryse wat deur gelukkige trekkings gewen kan word, en natuurlik waardevolle geleenthede om te ontspan, jouself te verryk, bietjie bederf te word en met ander inspirerende dames te netwerk.

Where is it happening?
Batter Boys Village, 32 Jeugd Road, Montana,Pretoria, South Africa
Event Location & Nearby Stays:
Know what’s Happening Next — before everyone else does.
Host or PublisherSolidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut