Plektrum - Die Mauritz Lotz-Verhaal

Schedule

Sun, 08 Nov, 2026 at 03:00 pm

UTC+02:00
Location

48 Alexander Street, Stellenbosch, South Africa | Stellenbosch, WC

Advertisement
Hy is die Suid-Afrikaanse musikant met meer as 4000 opnames op sy kerfstok. Hy spog met twee Grammy-toekennings en is self 'n beoordelaar van die Grammys. Hy is 'n kitaargenie, komponis en verwerker wat plaaslik en internasionaal respek afdwing. Maar van hierdie legende se lewe weet musiekliefhebbers min.
Mauritz Lotz lig vir die heel eerste keer die sluier op sy merkwaardige loopbaan en sonderlinge talent. PLEKTRUM is 'n intieme, persoonlike en outentieke produksie waarin Mauritz Lotz vir die eerste keer oor sy komvandaan praat. Die verhale, beeldmateriaal en musiek is roerend, insiggewend, briljant, onthutsend eerlik en verruimend. Kom ontmoet die mens agter die kitaar, sy ongemaklike andersheid, sy deurlopende inspirasies, eie perspektiewe, komplekse lewe, insiggewende lewensfilosofie en drome - die genie met die plektrum in die hand. Die musikante wat met hom die verhoog deel is die room van ons bedryf.
Musiekteater
'n KKNK-debuutproduksie Ten bate van: KLEIN KAROO LEESSENTRUM
Met: Mauritz Lotz
Teks en Regie: Ingrid Howard
Musiekregie: Mauritz Lotz
Baskitaar: Schalk Joubert
Tjello: Anjulie Nock
Tromme en perkussie: Peter Auret
Vervaardiger: Tale Be Told Productions
Advertisement

Where is it happening?

48 Alexander Street, Stellenbosch, South Africa

Event Location & Nearby Stays:

Know what’s Happening Next — before everyone else does.
Drostdy Teater
Host or PublisherDrostdy Teater

Ask AI if this event suits you