Onthou jy nog? Virginia Lee-huldeblyk || AfriForum Teater
Onder leiding van vervaardiger Lee Bruwer bring Theonette Vogt en Yolandie Virginia Lee se grootste treffers in Afrikaans én Engels weer tot lewe.
Met ’n regteorkes, uitstekende agtergrondsangers, dansers van Danzwrx Dance Studio en die Villieria Laerskool-koor onder leiding van Mariska Campbell as gaskunstenaars, word gehore genooi na ’n toweraand van herinneringe, nostalgie en tydlose musiek wat diep aan die hart raak.
Hierdie huldeblyk vier nie net Virginia Lee se musiek nie, maar ook die emosies en herinneringe wat haar stem oor geslagte heen bly oproep.
‘n Vertoning wat jy altyd gaan onthou!
Vervaardigers:
Yolandie / Theonette Vogt / Lee Bruwer
Konsep en Teks:
Yolandie
Where is it happening?
Event Location & Nearby Stays:



















