Mel die Storieverteller – Internet Sensasie
Schedule
Fri May 02 2025 at 07:00 pm to 08:30 pm
UTC+02:00Location
Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa | Pretoria, GT
Advertisement
In die regte lewe is Mel die Storieverteller ‘n komediant en katliefhebber, maar in ‘n ander dimensie – die een binne ons fone – is sy ‘n Afrikaanse internet sensasie. In haar derde stand up comedy show, Internet Sensasie, verklap Mel UITEINDELIK wat sy rérig dink van hierdie elektroniese oerwoud vol honger leeus, ywerige flaminke en ontaktvolle (sw)ape. Mel vertel van die tannie langsaan se ongesonde obsessie met TikTok en likes, die een influencer wat haar thrifted broek bo hou met ‘n skoenveter en Oom Gert se groot fout op die gemeenskap se Facebook blad. Soos gewoonlik het Mel se stories ‘n klomp draaie – jy dink jy is op pad na die einde dan swaai sy skerp links en gooi jou met ‘n onverwagse staaltjie oor haar man se nuwe slaaptyd bykomstigheid. Gehoorlede kan interessante stories (snaaks), danspassies (nie so snaaks) en ‘n lied of twee (ag, sy probeer) verwag. Daar is plek vir baie lag en spasie om te dink aan jou eie foon maniere.“Mel laat jou tuis voel. Jy WIL luister wat sy sê. En dan lag jy boonop baie.” – Margit Meyer-Rödenbeck.
“Vars, oorspronklik en vrek snaaks.” – Pretoria FM.
Daar is gehoorinteraksie, net die ‘braaf’ sit in die voorste twee rye.
Ouderdomsbeperking: Geen onder 16’s
Foyer Deure Open: 18h00
Teater Deure Open: 18h40
Vertoning Begin: 19h00
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Advertisement
Where is it happening?
Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, Pretoria, South AfricaEvent Location & Nearby Stays: