Mel die Storieverteller - LAERSKOOL BRENTWOODPARK, BENONI - Internet Sensasie
Schedule
Fri, 28 Nov, 2025 at 07:00 pm
UTC+02:00Location
Laerskool Brentwoodpark | Benoni, GT
Advertisement
Dames van Benoni, Mel die Storieverteller kom kuier uiteindelik met haar skreeusnaakse stories by julle, net betyds om die jaar op n lekker noot af te sluit! In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s
Venue: Laerskool Brentwoodpark
Adres: 20 High Rd, Brentwood Park AH, Benoni, 1509
Kaartjieprys: R350pp sluit n ligte ete met n drankie in
Deure open: 18h00
Vertoning begin: 19h00
Kaartjies beskikbaar by:
Skool kantoor: [email protected]
Esti/Rozanne: 010 600 0304
Daar is lootjies te koop met vele pryse asook gelukkige trekkings! Moenie die aand misloop nie!
Advertisement
Where is it happening?
Laerskool Brentwoodpark , H/V High Road en Vryburgstraat, Brentwoodpark,Benoni, Gauteng, South AfricaEvent Location & Nearby Stays: