Mel die Storieverteller - CENTRESTAGE AT BAYWEST, GQEBERHA - Internet Sensasie
Schedule
Wed, 15 Apr, 2026 at 07:30 pm
UTC+02:00Location
Gqeberha | Port Elizabeth, EC
Advertisement
Gqeberha mense, is julle reg vir Mel die Storieverteller?! Na vele versoeke het ons geluister en hier is julle kans nou! In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s
Venue: Centrestage
Adres: Upstairs at Baywest Mall, Centrestage at Entrance 2, Baywest Mall, 100 Baywest Blvd, Hunters Retreat, Gqeberha, 6017
Kaartjieprys: R220pp
Deure open: 18:00
Vertoning begin: 19:30
Kaartjies: Quicket - skakel binnekort beskikbaar
Navrae, blokbesprekings en kosbestellings:
Wendy - 083 225 5401
R80-ete-opsies is beskikbaar via voorafbestelling. Kies tussen die volgende:
- ’n Individuele platter
- Hoender met songedroogde tamatie en basiliekruid in ’n mozzarella-sous op Italiaanse pasta
- Beef stroganoff met room, sampioene en sjerrie op fyngedrukte plaasbotter-aartappels
- ’n Vegetariese botterskorsie- en kekerertjie-kerrie op borrie-klapperrys
Bestellings moet voor 15:00 op die dag voor die geleentheid geplaas word.
Kom lag lekker vir n slag!
Advertisement
Where is it happening?
Gqeberha, Dr. K Bawasa, Ptn Erf 529 Abutting Erf 266, Gqeberha, 6001, South Africa, Port ElizabethEvent Location & Nearby Stays:
Know what’s Happening Next — before everyone else does.












