Huis Horison Kermis
Schedule
Fri Nov 01 2024 at 10:00 am to Sat Nov 02 2024 at 01:00 pm
UTC+02:00Location
1 Patrys Street, 7600 Onder Papegaaiberg, South Africa | Stellenbosch, WC
1 & 2 November 2024
Hierdie jaar, kan kermisgangers al vanaf Vrydag 1 November Huis Horison besoek vir hul kermis inkopies. Ons produkte tent, boeke en teetuin is oop Vrydag tussen 10:00 en 16:00.
Die hoof Kermis en Horison Challenge veldwedloop, potjiekoskompetisie, vermaak, en kinder aktiwiteite tesame met al die tradisionele kos stalletjies, produkte tent en boek vind, soos gewoonlik, plaas op Saterdag 2 November tussen 09:00 en 13:00.
Kom geniet ‘n ontbyt of middagete met koffie of ‘n drankie terwyl Dierbaar Na Die Maan almal vermaak. Smul aan allerhande vars, tradisionele eetgoed soos pannekoek, skilpadjies, roosterkoek, koek by die teetuin, en soveel meer, en snuffel tussen die unieke en kwaliteit items te koop, onder andere plante, boeke, handwerk, houtwerk, wit olifante, klere, erdeware.
Die Horison Challenge Veldwedloop (“Trail Run”) spring Sat om 07:00 weg, en deelnemers kan kies tussen 3km, 5km of 10km. Vooraf inskrywings sluit 29 Okt November. https://www.huishorison.org.za/af/horison-challenge/
Daar is ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir kinders - ‘n springkasteel, Tombola, treintjie en speletjies.
Kos entoesiaste kan deelneem aan die Potjiekos kompetisie, en die beoordelaars beïndruk met hul wenner potjies. https://www.huishorison.org.za/af/product/potjiekos-kompetisie
Motor liefhebbers kom sien die uitstalling van Antieke (“Vintage”) Motors.
Kontant, Snapscan en kaartfasiliteite beskikbaar.
Navrae (021) 887 5080 of [email protected].
Alle opbrengste ten bate van mense met intellektuele gestremdhede.
Where is it happening?
1 Patrys Street, 7600 Onder Papegaaiberg, South Africa, 2 Patrys St, Onder Papegaaiberg, 7600, South Africa,Stellenbosch, Western CapeEvent Location & Nearby Stays: