Helene Bester sing Nana Mouskouri

Schedule

Tue, 18 Mar, 2025 at 07:00 pm

UTC+02:00

Location

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa | Pretoria, GT

Advertisement
Gewilde sangeres Helenè Bester bring die musiek van die ikoniese Griekse sangeres, Nana Mouskouri, opnuut tot lewe in haar trefferproduksie, Helenè Bester sing Nana Mouskouri. Sedert die bekroonde première by die Oppiwater Kunstefees in 2019, het hierdie vertoning gehore regoor die land betower. Nou keer dit terug na die verhoog by die Fairtree Atterbury Teater op Dinsdag, 18 Maart om 19:00. Besprekings is beskikbaar by www.seatme.co.za. Hierdie pragtige vertoning is geskep en geregisseer deur Frans Swart van Lefra Produksies, met Heinrich Pelser as musiekregisseur en begeleier. Dit neem gehore op ’n nostalgiese reis deur Mouskouri se grootste treffers—’n tydlose musiekerfenis wat nou deur Helenè se unieke vertolking gevier word. “Ek het nog altyd gedroom om ’n Nana-show te doen,” sê Helenè. “My suster en ek het met haar musiek grootgeword—ons het selfs gedink sy is een van my ma se vriendinne omdat hulle so baie na mekaar lyk! Maar ek glo die tyd is nou reg om hierdie huldeblyk te bring want ek is ’n bietjie ouer. My stem het oor die jare volwasse geword, en ek kan nou op ’n dieper, meer egte manier met haar musiek verbind.” Om die essensie van Mouskouri se kuns tot in die fynste detail vas te vang, het Helenè haar vertonings sorgvuldig bestudeer—elke gebaar, elke noot en elke oomblik op die verhoog word noukeurig uitgevoer. Regisseur Frans Swart is net so entoesiasties oor die produksie: “Toe Helenè my nader met hierdie idee, het ek dadelik geweet dis iets besonders. Daar is niemand beter as sy om die grasie en tydlose bekoring van Nana Mouskouri te vier nie.” Kom beleef ‘n aand van nostalgie, elegansie en onvergéetlike musiek.
Advertisement

Where is it happening?

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, Pretoria, South Africa

Event Location & Nearby Stays:

Atterbury Teater\/Theatre

Host or Publisher Atterbury Teater/Theatre

It's more fun with friends. Share with friends

Discover More Events in Pretoria

AFRICA AGRI TECH 2025
Tue, 18 Mar, 2025 at 08:30 am AFRICA AGRI TECH 2025

CSIR Convention Centre

Africa Agri Tech
Tue, 18 Mar, 2025 at 09:00 am Africa Agri Tech

CSIR International Convention Centre

BUSINESS EXHIBITIONS
Francophonie Festival - Canadian Evening - L'Ordre Secret
Tue, 18 Mar, 2025 at 05:30 pm Francophonie Festival - Canadian Evening - L'Ordre Secret

Alliance Française de Pretoria

FESTIVALS ENTERTAINMENT
Valiant Swart \u2013 Rock \u2018n Roll Engele
Wed, 19 Mar, 2025 at 07:00 pm Valiant Swart – Rock ‘n Roll Engele

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa

MUSIC ENTERTAINMENT
Jan Blohm @ Cafe Barcelona, Pretoria : 19 Maart
Wed, 19 Mar, 2025 at 07:00 pm Jan Blohm @ Cafe Barcelona, Pretoria : 19 Maart

Cafe Barcelona Gigs

HE PSD Personal Security Detail in Pretoria - CPU25
Thu, 20 Mar, 2025 at 08:00 am HE PSD Personal Security Detail in Pretoria - CPU25

Pretoria East

WORKSHOPS
Francophonie Festival - Swiss Evening - Concert - Noir & Gerber
Thu, 20 Mar, 2025 at 05:30 pm Francophonie Festival - Swiss Evening - Concert - Noir & Gerber

Alliance Française de Pretoria

MUSIC ENTERTAINMENT
CCR & Smokie Tribute feat.Gareth James
Thu, 20 Mar, 2025 at 07:00 pm CCR & Smokie Tribute feat.Gareth James

Die Blou Hond

ART THEATRE
Lauren Daigle
Thu, 20 Mar, 2025 at 08:00 pm Lauren Daigle

Time Square South Africa

What's Happening Next in Pretoria?

Discover Pretoria Events