Die Afrikaner Fees
Schedule
Sat Nov 29 2025 at 11:00 am to 11:30 pm
UTC+02:00Location
Voortrekker Monument | Pretoria, GT
Advertisement
Kom vier Afrikaans saam met ons by Die Afrikaner Fees 2025 met topklas vermaak deur van die land se grootste Afrikaanse kunstenaars.Hierdie is ’n viering van 100 jaar van die Afrikaanse taal, ’n eeu van kultuur, trots en saamwees.
Hierdie unieke en inspirerende geleentheid nooi jou uit om die ryk erfenis, taal, kuns en gees van die Afrikaanse gemeenskap ten volle te beleef.
Dis ’n fees vir elke Afrikaanse hart – van jonk tot oud, en vir almal wat deel is van ons storie.
Beleef uitsonderlike kunsuitstallings, verhoogproduksies en lewendige musiekoptredes wat Afrikaanse kreatiwiteit in sy volheid vier.
Vir gesinne wag daar hope pret en interessante aktiwiteite, insluitend uitstallings wat die geskiedenis van Afrikaans op dinamiese en toeganklike maniere vertel.
Kom geniet heerlike Afrikaanse geregte – van geurige boeregeregte tot kreatiewe nuwe weergawes van geliefde disse – en besoek ons volledig toegeruste gin bars en kroeë met ’n wye verskeidenheid van keuses.
Advertisement
Where is it happening?
Voortrekker Monument, School on Wheels, Monument St, Tshwane, 0002, South Africa, PretoriaEvent Location & Nearby Stays: