Coffee Snobs bied aan: Trein na Pretoria – die lewensverhaal van ‘n vrou
Schedule
Sun Aug 17 2025 at 03:00 pm to 04:00 pm
UTC+02:00Location
AfriForum Teater | Pretoria, GT

Elke lewensfase word ingekleur met oorspronklike musiek wat die siel aanraak: Die opgewondenheid van jong dame die rebellie en vryheid van jonkwees die soet en soms ingewikkelde liefde van die eerste hartklop die ontwaking van moederskap – ’n wondere wêreld van opoffering liefde en terugkom aarde toe! Die storie neem ons ook deur die kalmer jare van wysheid en refleksie en eindig met ’n sagte afskeid – een wat meer viering as verlies is.
Gegrond op ’n ware verhaal – die van elke vroue – is Trein na Pretoria ’n viering van haar gees. Dié produksie is nie net ’n voorstelling nie; dit is ’n reis ’n brief aan elke vrou wat al gevoel het sy is nie genoeg nie elke ma wat in stilte gehuil het elke dogter wat haar plek in die wêreld probeer vind. Dit is vir die oumas wie se stories in gesange leef en vir die jong meisies wie se drome nog ongeskryf is.
Met deernis humor en rou eerlikheid nooi Trein na Pretoria die gehoor om saam te ry – op daardie trein van herinnering verlies liefde en lewe.
Where is it happening?
AfriForum Teater, Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park, Pretoria, 0081, South AfricaEvent Location & Nearby Stays: