ATKV-Tienertoneel: Wes-Kaap-streeksfees 2
Schedule
Mon Aug 25 2025 at 10:20 am to 08:40 pm
UTC+02:00Location
Baxter Theatre | Cape Town, WC
Advertisement
Daar is iets elektries in die lug … ’n magneetveld van kreatiwiteit en talent is besig om te laai. Kom wees deel van die energie van die ATKV-Tienertoneel en belê in die toekoms van Afrikaanse teater! Ervaar die vonke van jong toneeltalent soos hulle die verhoog met passie, durf en oorspronklikheid aansteek. Jy koop ’n dagpas en kry toegang tot álle vertonings van die dag – ses unieke produksies, een kaartjie.ATKV-Tienertoneel is nie net ’n kompetisie nie – dis ’n kreatiewe oplewing wat al meer as 61 jaar ’n liefde vir Afrikaanse toneel by hoërskoolleerders aanwakker.
Hier leer deelnemers alles – van spel, regie en teks skryf tot verhoogbestuur, beligting, grimering, choreografie en selfs bemarking.
Die projek reis landwyd met streeksfeeste wat uitloop op ’n nasionale feesfinaal van formaat waar die bestes van die bestes gekroon word.
Klik hier vir die volledige program en vir kaartjies: https://linktr.ee/atkv_toneel
Let wel: Die program is onderhewig aan verandering.
Die magneetveld word op die Saterdagaand om 16:30 op die spits gedryf met die streeksfeesfinaal – ’n viering van die topproduksies!
Die finaliste word die Vrydag om 22:00 op die ATKV se sosialemediaplatforms aangekondig.
Word deel van die stroom. Voel die energie. Wees magneties.
Daaglikse program
10:20 – Vertoning 1
12:00 – Vertoning 2
14:10 – Vertoning 3
15:50 – Vertoning 4
17:30 – Vertoning 5
19:40 – Vertoning 6
Dagpas in die week: R75
Streeksfeesfinaal: R100
Advertisement
Where is it happening?
Baxter Theatre, Main Road,Cape Town, Western Cape, South AfricaEvent Location & Nearby Stays: