André Die Skreeusnaakse Hipnotiseur

Schedule

Fri, 04 Apr, 2025 at 07:00 pm

UTC+02:00

Location

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa | Pretoria, GT

Advertisement
Sy vertoning word beskryf as “melktert en boerewors” en as jy nog nie die vertoning gesien het nie dan moet jy vra wat jou daarvan weerhou. André Die skreeusnaakse Hipnotiseur (soos wat hy bekend staan), tree vir die laaste 35 jaar reg oor die land op en alhoewel mense hom ken weens sy vermoë om vrywilligers in verskeie skreeusnaakse situasies te plaas beskou André homself as ‘n komediant wat baie kan praat. Wat André se vertoning so uniek maak is dat geen enkele aand ooit die selfde is nie en tot André is baie vinnig om te verduidelik dat hy nie weet wat hy kan verwag nie. Die sukses van die vertoning is heeltemal afhanklik van die mense wat deel maak van die vertonining en alhoewel mens nie so sou dink nie is daar altyd ‘n groot hoeveelheid lede van die gehoor wat graag deel wil wees van die aand se vermaak. André beklemtoon dat die vertoning totaal op vrywilligers staat maak. Niemand maak teen hulle wil deel uit van die vertoning nie. Inteendeel die lekkerste gedeelte van die vertoning is die seer maag wat jy kry soos jou maagspiere geoefen word wanneer jy ‘n lid is van die gehoor. André het sy gawe vir verhoog hipnose in Pretoria ontdek toe hy ‘n vertoning van die baie bekende Max Collie gaan kyk het . André was reeds betrokke in die vermaaklikheid bedryf en het die verhoog gedeel met mense soos Al Debbo en Kurt Darren maar na Mnr Collie se vertoning het hy geweet presies watter rigting sy beroep sal inslaan. Nou 35 jaar later is André besiger as ooit. Met sy weeklikse TV program op Via TV “Skaterlag met André” en sy vertonings reg oor Suid Afrika vat André letterlik nie grond nie. Indien jy lus is vir iets anders, iets wat jou vreeslik gaan laat lag, iets wat jou gaan laat wonder en iets wat jou die volgende dag aan die praat gaan hê dan kan jy nie André Die Skreeusnaakse Hipnotiseur se vertoning misloop nie. André tree vir slegs een aand by die Fairtree Atterbury teater op. André se vertoning vind op 4 April om 19:00 plaas en kaartjies is nou reeds beskikbaar by seatme.co.za
Advertisement

Where is it happening?

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, Pretoria, South Africa

Event Location & Nearby Stays:

Atterbury Teater\/Theatre

Host or Publisher Atterbury Teater/Theatre

It's more fun with friends. Share with friends

Discover More Events in Pretoria

Saturday Nature Walk - Moreletakloof Nature Rerve
Sat, 05 Apr, 2025 at 07:00 am Saturday Nature Walk - Moreletakloof Nature Rerve

Moreleta Kloof Nature Reserve

TRIPS-ADVENTURES TREKKING
POWERHOUSE HIKING ADVENTURE
Sat, 05 Apr, 2025 at 05:00 pm POWERHOUSE HIKING ADVENTURE

Groenkloof Nature Reserve

TRIPS-ADVENTURES TREKKING
Anna Wolf live at The Boiler Room Bar PTA - The Dear Daddy Tour
Sat, 05 Apr, 2025 at 06:00 pm Anna Wolf live at The Boiler Room Bar PTA - The Dear Daddy Tour

Boiler Room Bar (558 Graaff Reinet Street, Pretoria, South Africa)

ART MUSIC
LINKIN PARK & LIMP BIZKIT TRIBUTE @ MENLYN BARNYARD
Sat, 05 Apr, 2025 at 07:00 pm LINKIN PARK & LIMP BIZKIT TRIBUTE @ MENLYN BARNYARD

Menlyn Barnyard

PERFORMANCES ENTERTAINMENT
Two worlds One Amira concert
Sat, 05 Apr, 2025 at 07:00 pm Two worlds One Amira concert

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa

ENTERTAINMENT MUSIC

What's Happening Next in Pretoria?

Discover Pretoria Events