Die vier band lede het in 2013 paaie geskei, maar darem elke jaar 'n jam-reunie in die Karoo gehou. Op so 'n naweek maak ons altyd groot beloftes en beraam reuse planne, tot die regte wêreld jou dan weer in die tuimeldroër gooi. In 2024 kon ons egter uiteindelik 'n regte reünie konsert in Stellenbosch van stapel stuur, wat toe so lekker was dat ons die volgende aand nog een gehou het.
Ons het toe reeds vir Pretoria belowe ons kom Noorde toe ook, maar toe verander die hele wêreld in 'n tuimeldroër. Pretoria het egter altyd baie mooi na ons gekyk en ons al van ons eerste konserte in Maloney's en The Nile Crocodile ondersteun. Ons laaste konsert daar in 2013 was een van ons lekkerstes ooit en dit was hoeka in Die Fairtree Atterbury, so toe besluit ons om daai genot weer op dieselfde plek te gaan soek. Veral terwyl die wêreld 'n tuimeldroër is.
Advertisement
Where is it happening?
Fairtree Atterbury Teater/Theatre, Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St,Pretoria, South Africa
Event Location & Nearby Stays:
Know what’s Happening Next — before everyone else does.
Host or PublisherFairtree Atterbury Teater/Theatre