SUSAN COETZER met Lekkergoed vir die Lewe (oggend) (Ingesluit 'n glas Annabelle Cuvee vonkelwyn)
Schedule
Sat Sep 28 2024 at 11:00 am
UTC+02:00Location
Die Boer | Durbanville, WC
Advertisement
Bekende aktrise, skrywer en spreker, Susan Coetzer, kuier op Saterdagoggend 28 Sept weer by Die Boer in Durbanville – die keer met twee splinternuwe boeke onder haar vlerk. Moenie hierdie gesellige pretbelaaide damesoggend misloop nie. Susan se aanbieding beloof om jou soos altyd te laat skaterlag, en terselfdertyd ook te inspireer, te versterk en jou mensbattery te herlaai vir jou lewenspad vorentoe.. Haar twee nuwe boeke, Lekkergoed vir die lewe (geestelike dagstukkieboek vir Lux Verdi), asook die nuwe roman, Haas en Harriet, (Human en Rousseau) sal ook vir die eerste keer op 28 Sept by Die Boer bekendgestel word en beskikbaar wees om te koop.
Deure open 10:00. Dames word verwelkom met 'n glas KWV Annabelle Cuvee “bubbly” en bestel hul kos. Susan begin 11:00 met haar praatjie.
Vanaf ongeveer 12:30 word kos bedien en dames kan heerlik verder kuier tot 15.00.
Advertisement
Where is it happening?
Die Boer, 8 Chenoweth St, Durbanville, 7550, South Africa,Cape Town, Western CapeEvent Location & Nearby Stays: