Mexican Fiesta
Schedule
Sat, 11 Oct, 2025 at 09:00 am
UTC+02:00Location
Lavender Kontrei Mark | Pretoria, GT
Advertisement
Kom ervaar die geure en kleure van Mexiko op 11 Oktober 2025 by die Lavender Kontrei Mark in PTA, vanaf 09:00 tot 15:00! Dis ’n dag vol Mexikaanse flair waar jy alles kan verwag van vurige warm souse, dips, kase, tot proe-happies, chilli stix, chilli jams en chutneys, pods, kaktusplantjies, verskeie Tequilas en soveel meer!Vir die dapperes wag daar ’n verskeie uitdagings met opwindende pryse. Die gewilde Los Amigos Band sal sorg dat die ritmes van die mariachi jou voete laat beweeg en die fiesta-gees aan die gang hou. Hope kinderaktiwiteite, talle vars en handgemaakte produkte, liplekker kosse, kuns, dekor en nog baie meer om te ontdek. Toegang is R20pp, kinders 0/12 & pensioenarisse gratis! Pet Friendly!
Trek jou poncho en sombrero aan, bring jou dansskoene en kom fiesta saam by die lekkerste kuiermark in Pretoria!
Apache Avenue, agter Obaro Wonderboom, N4 Wonderboom Lughawe-afrit. Vind ons op google maps Lavender Kontrei Mark
Advertisement
Where is it happening?
Lavender Kontrei Mark, c/o Apache and K97,Pretoria, South AfricaEvent Location & Nearby Stays: