Mel die Storieverteller - LITTLE THEATRE, WELLINGTON - Internet Sensasie
Schedule
Sun, 19 Jul, 2026 at 05:00 am
UTC+12:00Location
Wellington, New Zealand | Wellington, WG
Advertisement
Wellington! Mel is opgewonde om julle in te sluit in haar toer - dit gaan n onvergeetlike middag wees, moet dit nie misloop nie! In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s
Venue: Little Theatre, Lower Hut (at the Dowse Art Museum)
Adres: 2 Queens Drive, Hutt Central, Lower Hutt 5010, New Zealand
Kaartjieprys: NZ$40
Vertoning begin: 16h00
Kaartjies: www.meldiestorieverteller.co.za
Advertisement
Where is it happening?
Wellington, New ZealandEvent Location & Nearby Stays:
Know what’s Happening Next — before everyone else does.



















