Mel die Storieverteller - GLEN EDEN PLAYHOUSE THEATRE, AUCKLAND - Internet Sensasie

Schedule

Sat Jul 25 2026 at 02:00 pm to 08:50 pm

UTC+12:00
Location

Glen Eden Playhouse Theatre | Auckland, AU

Advertisement
Auckland, julle het gevra, en ek het julle hard en duidelik gehoor! Die gaan n heerlike middag en aand wees propvol lag saam met Mel die Storieverteller in jou eie taal!
Aand vertoning is reeds uitverkoop! Maak gou en koop jou kaartjies vir die middag vertoning.
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s
Venue: Glen Eden Playhouse Theatre Auckland
Adres: 15 Glendale Road, Glen Eden, Auckland 0602, New Zealand
Kaartjieprys: NZ$40
Vertoning begin: 15:00 (19:30 SOLD OUT)
Kaartjies: www.meldiestorieverteller.co.za
Advertisement

Where is it happening?

Glen Eden Playhouse Theatre, 15 Glendale Rd, Glen Eden, Auckland 0602, New Zealand, Auckland

Event Location & Nearby Stays:

Know what’s Happening Next — before everyone else does.
MDS Management
Host or PublisherMDS Management

Ask AI if this event suits you