Mel die Storieverteller - AASVOËL KLUB, BLOEMFONTEIN - Internet Sensasie

Schedule

Fri, 09 May, 2025 at 08:00 pm

UTC+02:00

Location

Aasvoel Club. Kellysview | Bloemfontein, FS

Advertisement
Mel kom deel haar skreeusnaakse stories van haar splinternuwe vertoning, Internet Sensasie, vir die eerste keer in Bloemfontein by die Aasvoël Klub!
In die regte lewe is Mel die Storieverteller 'n komediant en katliefhebber, maar in 'n ander dimensie - die een binne ons fone - is sy 'n Afrikaanse internet sensasie.
In haar derde stand up comedy show, Internet Sensasie, verklap Mel UITEINDELIK wat sy rérig dink van hierdie elektroniese oerwoud vol honger leeus, ywerige flaminke en ontaktvolle (sw)ape.
Mel vertel van die tannie langsaan se ongesonde obsessie met TikTok en likes, die een influencer wat haar thrifted broek bo hou met 'n skoenveter en Oom Gert se groot fout op die gemeenskap se Facebook blad. Soos gewoonlik het Mel se stories 'n klomp draaie - jy dink jy is op pad na die einde dan swaai sy skerp links en gooi jou met 'n onverwagse staaltjie oor haar man se nuwe slaaptyd bykomstigheid.
Gehoorlede kan interessante stories (snaaks), danspassies (nie so snaaks) en 'n lied of twee (ag, sy probeer) verwag. Daar is plek vir baie lag en spasie om te dink aan jou eie foon maniere. Daar is gehoorinteraksie, net die 'braaf' sit in die voorste twee rye.
"Mel laat jou tuis voel. Jy WIL luister wat sy sê. En dan lag jy boonop baie."
- Margit Meyer-Rödenbeck
"Vars, oorspronklik en vrek snaaks."
-Pretoria FM
Deure open: 18h00
Vertoning begin: 20h00
Vertoning duur: 80 minute
Kos & Drankies is beskikbaar om te bestel by die venue.
Geen kos of drank sal tydens vertoning bedien word nie, maak seker jy kom vroegtydig om jou bestelling in te sit en te ontvang.
Adres: Plot 35, 9de Laan, Bloemfontein
Ouderdomsbeperking: Geen O/16, Taal en volwasse tema's
Kaartjies direk by die venue beskikbaar of op whatsapp by Hein: 084 559 8991
Advertisement

Where is it happening?

Aasvoel Club. Kellysview, 1/2 1st Ave, Bloemfontein, 9383, South Africa,Bloemfontein, Free State

Event Location & Nearby Stays:

MDS Management

Host or Publisher MDS Management

It's more fun with friends. Share with friends

Discover More Events in Bloemfontein

Wildskosfees 2025
Sat, 07 Jun, 2025 at 12:00 am Wildskosfees 2025

35km South of Bloemfontein on the N1 (to Cape Town), 9301 Bloemfontein, South Africa

CALENDAR
Mel die Storieverteller - AASVO\u00cbL KLUB, BLOEMFONTEIN - Internet Sensasie
Fri, 09 May, 2025 at 08:00 pm Mel die Storieverteller - AASVOËL KLUB, BLOEMFONTEIN - Internet Sensasie

Aasvoel Club. Kellysview

COMEDY ENTERTAINMENT

What's Happening Next in Bloemfontein?

Discover Bloemfontein Events