JUANITA DU PLESSIS @ SUNCOAST BARNYARD

Schedule

Wed Aug 30 2023 at 07:00 pm

Location

Suncoast Barnyard | Durban, NL

Advertisement
Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.
Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut album Juanita. In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk! Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album Ek En Jy met Ska-Rumbaasdie bonussnit. ‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf. ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20-trefferparade haal en drie agteree nvolgens weke bo-aan bly! (Die treffersparade behels beste verkopers in SA- plaaslik en internasionale albums)
In die volgende vyf jaar verander die meisie van Windhoek se lewe drasties. Die Du Plessis - gesin het intussen hul geboorteland, Namibië en Gobabis (hul tuisdorp vir 5 jaar-op daardie stadium) agter gelos en hulself gevestig in Pretoria. Nog albums sien die lig en Juanita herskryf weereens die rekordboeke toe haar algehele verkoopsyfer in 2010 die 1.6 miljoen merk bereik. Haar tweede Gospel-album, Vlieg Hoog (2007), is aangewys as die Top Afrikaanse Gospel-verkoper van alle tye.
In 2012 behaal Juanita 'n mylpaal wat sy nooit vir haarself kon indink nie. Sy word die eerste kunstenaar in die Afrikaanse geskiedenis om 2 miljoen albums in Suid-Afrika te verkoop. Haar verkope is tans meer as 2.5 miljoen.
Sy spog tans met 22 albums en 7 DVD’s wat elkeen goue óf platinum status behaal het. Sy het ook tussen 1997 en 2018 verskeie CMA, Huisgenoot Tempo, Ghoema en SAMA-toekennings verower. Haar hoogtepunte sluit in haar SAMA vir beste popalbum en topverkoper vir die album, Engel Van My Hart omrede sy self die regissieur van die hele album was asook haar Ghoema Diamant Toekenning vir beste Afrikaanse verkoper in die geskiedenis van Suid-Afrika.
JUANITA DIE MENS Juanita is ‘n gesin smens en haar gesin is vir haar baie belangrik en kosbaar. Sy en haar man, Doepie, spog met drie prag tige kinders: die tweeling, Mario (seun) en Franja (dogter) en ouboet Ruan.
“Ek is ‘n doodgewone vrou; ‘n ma wat elke dag my droom en passie lééf! Ek is ontsettend dankbaar vir wie ek is, waar ek is en wat ek het... Ek wil elke dag die instrument wees om mense aan te raak deur my musiek, hetsy om hulle te laat lag, te laat huil, te bemoedig of net beter te laat voel oor die lewe en dalk ‘n bietjie hoop te kan gee. Dit is ‘n geweldige voorreg en eer om hierdie instrument in God se hande te kan wees. Ek glo dit is my uiteindelike skeppingsdoel hier op aarde.”
Juanita se bewonderaars beskryf haar as stralend, vriendelik, prag tig, opreg, eerlik, bemoedigend, vertroostend, inspirerend, belangstellend, bedagsaam, ’n rolmodel, ‘n liefing... ‘n engel! Haar familie en vriende beskryf haar as Godvresend, saggeaard, deernisvol, liefdevol, innoverend, professioneel, vasberade, doelgerig en ‘n voorbeeld van nederigheid.
Sy erken egter dat sy ook haar tekortkoming het. “Ek’s nie goed met die hantering van afbrekende kritiek, onregverdigheid, hartseer en verdriet nie. Ek is maar ’n baie sensitiewe mens... Maar deur die jare het ek al geleer hoe om dit te hanteer en probeer ek altyd die positiewe in elke situasie soek! Maar alle antwoorde op vrae is in die Bybel; dis my anker,” vertel sy.
Juanita du Plessis se loopbaan spreek van roemryke prestasies, kosbare mylpale, nederigheid en toewyding, en die toekennings op haar kerfstok oortref diè van die meeste kunstenaars in Suid-Afrika.
Advertisement

Where is it happening?

Suncoast Barnyard, Suncoast Boulevard,Durban, South Africa

Event Location & Nearby Stays:

Suncoast Barnyard

Host or Publisher Suncoast Barnyard

It's more fun with friends. Share with friends