iTickets Spoegwolf op Ys 2026
Schedule
Fri, 10 Jul, 2026 at 04:00 pm
UTC+02:00Location
Time Square South Africa | Pretoria, GT
Advertisement
Spoegwolf en ITickets Op Ys keer terug na Pretoria – groter, kouer en nog meer asemrowend.Die unieke winterfees in die SunBet Arena is hierdie keer op 'n heel nuwe vlak. Wat in 2025 begin het as ’n droom van sneeu, liggies saamwees, ontwikkel in 2026 tot ’n volskaalse winterwonderwêreld.
Amper 10 000 mense, konfetti-sneeu en Spoegwolf se langste set van die jaar - alles in die land se beste arena.
Spoegwolf Op Ys is nie net ’n konsert nie – dis ’n ervaring. ’n Aand van koue lug en warm harte. Van saamsing en sjerrie. Van warmsjokolade, feëtjieliggies en wolmussies. Van lirieke wat hang soos asem in die winterlug.
Dis ’n Julie-Kersfees met jou mense.
Dis Spoegwolf en ITickets se op ys.
Trek warm aan. Maak reg vir die winterwonderwêreld.
VRYDAG 10 JULIE – SUNBET ARENA – MENLYN MAINE – PRETORIA
Kaartjies:
https://itickets.co.za/register/new/485051?&referrer=Spoegwolf
Advertisement
Where is it happening?
Time Square South Africa, 209 Aramist Avenue,Pretoria, South AfricaEvent Location & Nearby Stays:
Know what’s Happening Next — before everyone else does.



















