Groet die Grotman 2

Schedule

Wed Sep 11 2024 at 07:00 pm

Location

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa | Pretoria, GT

Advertisement
Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook, Twitter en aanlynkonserte. Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen mans en vrouens op komiese wyse uitgebeeld deur Grotman Phillru van Achterbergh. Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie. Groet die Grotman 2 is terug by die Atterbury Teater in Pretoria op 11 September 2024 op openbare aanvraag nadat dit die vorige speelvak totaal uitverkoop is. Besprekings by www.seatme.co.za Vir groepbesprekings, skakel Lefra Produksies by (011) 815-3000 of stuur ’n e-pos na [email protected]. Daar is ‘n ouerbegeleiding van 16 (PG16). Groet die Grotman 2 word met die trotse ondersteuning van RSG, Hollywood Costumes, Van Loveren Wyne, Britz Couriers and Removals, Ambassador Execudrive en Lift aangebied.
Vrouens is steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting!) en mans steeds die jagters (van ‘n bok tot ‘n televisieprogram). “Mans en vrouens lag vir mekaar in Groet die Grotman 2 en dis juis wat hierdie produksie so gewild en sterk maak” sê skrywer en regisseur Frans Swart. “Mens kan amper sê ons doen huweliksberading op ‘n komiese wyse. Die feit dat Grotman sy wêreldjie moet groter maak om by Elize se wêreld aan te pas en die feit dat Elize haar oop wêreld so bietjie nouer moet maak om by Grotman se wêreld uit te kom, sorg vir baie komiese situasies.” Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord vir die Afrikaanse teaterproduksie wat die meeste vertonings oor die langste tydperk gehad het … meer as 1 000 vertonings oor 10 jaar! Lefra het die Grotman toe vir tien jaar laat rus in sy grot … tjoepstil! “Maar Grotman kon nie net tjoepstil in sy grot bly nie. Hy het te veel stories om te vertel. Phillru van Achterbergh as die Grotmant vertel van meesterbraaiers, slaaie, bouery, handdoeke wat nie gebruik mag word nie en natuurlik oor die slaapkamer!”
Van Achterbergh het Drama en Film aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) studeer, en word in 2012 die eerste student wat al drie top TUT-toekennings verower onder andere as die Beste Drama Student. Na universiteit maak Phillru sommer dadelik sy buiging op die professionele verhoog met rolle in die kinderproduksie Liewe Heksie en sy eerste Lefra-klug, My Vrou se Man se Lyk se Tas, waar hy die rol van Boris vertolk. Hy maak ook sy verskyning in die klugte My Boetie se Boetie se Baba en Daa’ Gaat die Bruid, en tree op as assistent-regisseur vir My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou. Hy word ook gesien in Binnelanders in die rol van die dwelmsmous, Clint Erasmus. In 2016 word hy genomineer vir ‘n Naledi-toekenning vir sy rol as Andrè Myburg in die produksie Porselein en wys hy verder sy staal as ernstige akteur in die rol van Benjamin Koemoetie in die verhoogproduksie van Fiela se Kind. Phillru is nie net ‘n akteur nie en in 2017 begin hy sy eie maatskapy, Imagine That! Entertainment. Hy was die skrywer, regisseur en vervaardiger van beide die produksies Die Laaste Mango en Light Warrior wat by Aardklop- en die Wêlakapêla-kunstefeeste te sien was. Hy is ook die mede-eienaar van Sessions Entertainment wat musiektoere reël na Ponta do Ouro en Tofu in Mosambiek en Windhoek en Swakopmund, Namibië, en is ook mede-organiseerder van Bushrock Music Festival in Bela-Bela en die Skopgrond Music Festival by die Roodeplaatdam. Hy is tans die hoofsanger van die gewilde rock-groep, VAN KOSE.
Frans Swart, wat al as die klugkoning van Suid-Afrika bestempel is, het die nuwe teks geskryf wat splinternuwe aksies tot gevolg het. “Die verskille tussen mans en vrouens sal altyd daar wees. Vrouens is gaarders en mans is jagters! Om saam te oorleef moet manne hulle jagterswêreld so bietjie verbreed om by die dames se wêreld in te pas. Die dames moet van hulle kant, weer hulle gaarderswêreld vernou om by die Grotmanne se wêreld uit te kom. Hierdie prosesse sorg vir skaterlagtyd!”
Vrouens … julle gaan julle mans herken in Groet die Grotman 2 en jy kan gerus maar jou man in die ribbes pomp. Meneer, jy gaan beslis jou vrou in Groet die Grotman 2 herken … so wys maar gerus die wysvinger vir Mevrou … net nie die middelvinger nie! Saam gaan mans en vrouens weer heerlik lag en sommer gratis terapie ontvang vir die huwelik. Kom kyk Groet die Grotman 2!
Advertisement

Where is it happening?

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, 426 Lynnwood Rd, Lynnwood, 0081, South Africa,Pretoria, South Africa

Event Location & Nearby Stays:

Atterbury Teater\/Theatre

Host or Publisher Atterbury Teater/Theatre

It's more fun with friends. Share with friends