DIE VYFTIGERS // PIERNEEFTEATER // PRETORIA

Schedule

Sun, 21 Sep, 2025 at 03:00 pm

UTC+02:00

Location

Pierneefteater | Pretoria, GT

Advertisement
‘DIE VYFTIGERS’ – ’N ROOIWARM VERTONING VIR ’N EENMALIGE AFRIKAANSE VIERING
2025 is ’n jaar van mylpale: Afrikaans vier haar 100ste amptelike bestaansjaar, en vier van die taal se mees oorspronklike, geliefde kunstenaarseuns, vier hul 50ste omwenteling om die son. Die resultaat? ’n Onvergeetlike vertoning genaamd DIE VYFTIGERS - ’n musikale viering van die lewe, taal, stories, en tyd.
NEIL SANDILANDS, SCHALK JOUBERT, GIAN GROEN en ABEL KRAAMSAAL - vier unieke stemme in die Afrikaanse musieklandskap - klim saam op een verhoog om hul liefde vir Afrikaans en hul eie halfeeu lange reis te eerbiedig. Dis ’n produksie wat eerlik, rou en reguit is - vol liriek, lag, melodie en menswees.
Die ontstaan van DIE VYFTIGERS, het begin tussen die appelboorde van Grabouw, by GIAN GROEN se 50ste verjaarsdagpartytjie. Tussen kitare, staalsnare en spontane samesyn, het NEIL SANDILANDS die lig gesien: vier musikale vriende, almal besig om die 50 mylpaal te takseer, in dieselfde jaar wat Afrikaans 100 jaar oud word. Dié kreatiewe toeval kon eenvoudig nie geïgnoreer word nie en met net een oproep na elk, was almal aan boord. So word DIE VYFTIGERS gebore - ’n unieke kruispunt tussen taal en tyd.
Elke kunstenaar bring sy eie storie, instrument en kleur na die verhoog en tussen hul vier loopbane is daar meer as 200 jaar se kreatiewe gravitas - elke noot en elke sin is deurdrenk met betekenis.
GIAN GROEN
Bekend vir ‘Vier Seisoene Kind’, bring sy kenmerkende vingerkitaarstyl en rou stem.
SCHALK JOUBERT
Met dekades se invloed in die musiekbedryf, dien met sy baskitaar as musikale anker en ritmiese gom.
ABEL KRAAMSAAL
Terug op die verhoog na jare in die korporatiewe wêreld, en honger vir die verhoog, bied vars insigte en kragtige lirieke.
NEIL SANDILANDS
Die hofnar en visuele impresario, verbind die produksie met humor, sinisme en teater flair.
DIE VYFTIGERS is nie net ’n musiekvertoning nie - dis ’n viering. Aan die hand van liedjies uit elk se repertoire, asook nuwe skeppings, wat spesifiek vir hierdie produksie ontwikkel is, neem die kunstenaars gehore op ’n reis deur persoonlike stories, taalgeskiedenis en tydlose klanke. Die vertoning is ten volle in Afrikaans - ’n danksegging aan die taal wat dit alles moontlik maak. Of jy nou ’n aanhanger is van Afrikaanse musiek, die kunstenaars self, of eenvoudig op soek is na iets eg, diep en vermaaklik – hierdie vertoning is ’n moet-sien!
“Wat kry jy as jy vier duidelike persoonlikhede op een verhoog sit, wat elk ’n instrument bespeel, ’n ordentlike liriek kan pen en derms het wat brand? Sprankel ’n aweregse Afrikaanse woordeskat, sprinkel ’n titsel selfnegerende humorsin, ’n spatsel witblitz, ’n slurpie Boere Zen en ’n draggie 50 jaar oue hardehout. Daar het jy dit. Die resep vir ’n aand se eersteklas vermaak: ‘Die Vyftigers’. Amper soos Trompie en die Boksombende. As ek dan nou Trompie is, en Gian is Rooies, Abel is Dawie, Briers Coetzee (ons klank inginieur wat ook kan Cajon speel) is Blikkies, dan is Schalk mos Boesman die brak.” - só sê Neil Sandilands.
Moenie dit misloop nie - een jaar, een taal, vier verjaarsdae, een verhoog. ’n Seldsame belyning van sterre, musiek en moedertaal. DIE VYFTIGERS ’n kultuurgebeurtenis. Kaartjies is BEPERK - wees deel van ons geskiedenis.
Prys: R200 / R180 Pensioenarisse
Kaartjies: WhatsApp 0724605568 / [email protected]
Advertisement

Where is it happening?

Pierneefteater, Brewers BBQ, 9/571 Frates Rd, Tshwane, 0186, South Africa, Pretoria

Event Location & Nearby Stays:

Neil Sandilands

Host or Publisher Neil Sandilands

It's more fun with friends. Share with friends

Discover More Events in Pretoria

80 Rock
Sun, 21 Sep at 12:00 am 80 Rock

Pretoria North

Pretoria Boys HS x Salomon Trail Run 2025 \ud83c\udfc3\ud83d\udd25
Sun, 21 Sep at 06:00 am Pretoria Boys HS x Salomon Trail Run 2025 🏃🔥

251 Roper St , Pretoria, South Africa

TRIPS-ADVENTURES
Groenkloof Trail Run\/Walk
Sun, 21 Sep at 07:00 am Groenkloof Trail Run/Walk

Groenkloof Nature Reserve

TRIPS-ADVENTURES SPORTS
Interactive Make-Up Workshop (Pretoria)
Sun, 21 Sep at 10:00 am Interactive Make-Up Workshop (Pretoria)

5 Graham road, lynnwood, Lynnwood, South Africa

WORKSHOPS ART
Entry Deadline: Pretoria Country Club PSA \/ Open Tournament
Mon, 22 Sep at 05:00 am Entry Deadline: Pretoria Country Club PSA / Open Tournament

Pretoria Country Club

SPORTS TOURNAMENTS
3rd Pan African Poultry Conference 2025
Mon, 22 Sep at 09:00 am 3rd Pan African Poultry Conference 2025

Future Africa Campus, University of Pretoria

BUSINESS CONFERENCES
Hearts in Harmony
Mon, 22 Sep at 07:00 pm Hearts in Harmony

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa

MUSIC ENTERTAINMENT
Monument Park SuperSpar Grand Opening
Tue, 23 Sep at 07:00 am Monument Park SuperSpar Grand Opening

Monument Park, Gauteng, South Africa

SHOPPING
FOCALISTIC x CH\u2019CCO - BOATS ALBUM LAUNCH
Fri, 05 Sep at 06:00 pm FOCALISTIC x CH’CCO - BOATS ALBUM LAUNCH

UP Drama Department

ENTERTAINMENT MUSIC
Audi Centre Wonderboom 2km Spring Fun Walk
Sat, 06 Sep at 08:00 am Audi Centre Wonderboom 2km Spring Fun Walk

Corner Lavender Road and Sefako Makgatho Drive Annlin West, Wonderboom, 0066 Pretoria, South Africa

KIDS
Innesdale Sports Club Spring Shine and Show
Sat, 06 Sep at 10:00 am Innesdale Sports Club Spring Shine and Show

732 Nico Smit str Rietfontein (c/o 17th Ave), Pretoria, South Africa

MUSIC CAR-SHOWS
Shorts & Something White
Sat, 06 Sep at 12:00 pm Shorts & Something White

381 Helen Joseph street, Pretoria, South Africa

ENTERTAINMENT PARTIES
The String Theory Live @ Cafe Barcelona
Sat, 06 Sep at 12:00 pm The String Theory Live @ Cafe Barcelona

53 Thomson Street Colbyn, Pretoria, South Africa

MUSIC LIVE-MUSIC
Korean Culture Concert
Sat, 06 Sep at 05:00 pm Korean Culture Concert

Time Square South Africa

CONCERTS MUSIC
BARCADI NATION SUNSET \ud83c\udf05
Sat, 06 Sep at 11:00 pm BARCADI NATION SUNSET 🌅

Pretoria Central

Menlo Vinyl Record Fair - Capital Craft
Sun, 07 Sep at 10:00 am Menlo Vinyl Record Fair - Capital Craft

Shop 20, Greenlyn Village Centre, Corner of 12th Street East & Thomas Edison, Menlo Park, 0181 Menlo Park, South Africa

B1DR Beyond Silence
Mon, 08 Sep at 02:00 pm B1DR Beyond Silence

Fairtree Atterbury Teater/Theatre

ART EXHIBITIONS
B1DR Beyond Silence
Mon, 08 Sep at 06:00 pm B1DR Beyond Silence

Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa

ART EXHIBITIONS
SOUTH AFRICA REVUE CHAMPIONSHIPS 2025
Wed, 10 Sep at 08:00 am SOUTH AFRICA REVUE CHAMPIONSHIPS 2025

Moreleta Kerk

SPORTS
Wed, 10 Sep at 10:00 am Spoegwolf in Pretoria

Pretoria National Botanical Garden

CONCERTS MUSIC

What's Happening Next in Pretoria?

Discover Pretoria Events