CHRIS CHAMELEON met "EK HERHAAL JOU WEER"

Schedule

Thu, 03 Apr, 2025 at 08:30 pm

UTC+02:00

Location

Die Boer | Durbanville, WC

Advertisement
Chris Chameleon, een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars, vier in 2025 die 20ste herdenking van sy grensverskuiwende album, Ek Herhaal Jou. Hierdie ikoniese album, wat Ingrid Jonker se poësie met aangrypende toonsettings en roerende melodiëe vereer het, het die Afrikaanse musiekbedryf onherroeplik verander en het een van die land se mees beduidende kulturele momente geword. Die album is wyd erken in Suid Afrika, sowel as Nederland en Belgie, met erkenning deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Federasie vir Afrikaanse Kultuur, verskeie nasionale en streekstoekennings en is ook deur Die Beeld, Die Volksblad en Die Burger uitgeroep tot een van die tien belangrikste albums van die eerste dekade van hierdie eeu.

In sy eerbetoon aan Jonker en haar tydlose werk, het Chris besluit om hierdie spesiale herdenking te vier met die konsertreeks “Ek Herhaal Jou Weer”.

Chameleon sal met sy besondere vertelkuns gehore terugneem na die begin van 2005, toe byna alle aspekte van sy lewe in duie gestort het en die lewensdrama waaruit hierdie album ontstaan het met ‘n skaterlag betraan uitlê. Die program sluit ook in “die toonsettings wat nie die album gehaal het nie” - ‘n verrassingsfees van toonsettings wat nog nooit vantevore gehoor is nie. "Ek wil vir Ingrid weer uit die see roep en ons mooiste oomblikke herleef," sê hy.
Advertisement

Where is it happening?

Die Boer, 6 Chenoweth St, Durbanville, 7550, South Africa,Cape Town, Western Cape

Event Location & Nearby Stays:

Die Boer

Host or Publisher Die Boer

It's more fun with friends. Share with friends

Discover More Events in Durbanville

NIC STEVENS band - TRIBUTE TO BRYAN ADAMS
Wed, 02 Apr, 2025 at 08:30 pm NIC STEVENS band - TRIBUTE TO BRYAN ADAMS

Die Boer

MUSIC ENTERTAINMENT
Appel in Cape Town
Sat, 05 Apr, 2025 at 09:00 am Appel in Cape Town

Meerendal Wine Estate

CONCERTS MUSIC
Demi Lee Moore in Durbanville
Sun, 06 Apr, 2025 at 06:00 pm Demi Lee Moore in Durbanville

Die Boer Restaurant Durbanville

CONCERTS MUSIC
DEMI LEE MOORE - Klein Dingetjies
Sun, 06 Apr, 2025 at 08:30 pm DEMI LEE MOORE - Klein Dingetjies

Die Boer

Demi Lee Moore in Durbanville
Mon, 07 Apr, 2025 at 06:00 pm Demi Lee Moore in Durbanville

Die Boer Restaurant Durbanville

DEMI LEE MOORE - Klein Dingetjies
Mon, 07 Apr, 2025 at 08:30 pm DEMI LEE MOORE - Klein Dingetjies

Die Boer

ANDRIETTE NORMAN
Fri, 11 Apr, 2025 at 08:30 pm ANDRIETTE NORMAN

Die Boer

What's Happening Next in Durbanville?

Discover Durbanville Events