Broken to RegtigBlessed Dames Oggend

Schedule

Sat Mar 04 2023 at 10:00 am to 12:00 pm

Location

RegtigBlessed | Pretoria, GT

Advertisement
Koste: GRATIS
Adres: RegtigBlessed, 565 Rubenstein Drive, Moreletapark, Pretoria
Tyd: 10:00am - 12:00pm
Datum: 4 Maart 2023
BESPREKING NOODSAAKLIK per epos: [email protected]
In ons gejaagde lewe onderdruk ons soms ons trauma (hartseer, pyn, verlede) en ons hanteer dit nie. Dit is nie noodwendig omdat ons nie die tyd het nie, maar omdat ons nie weet HOE om dit te hanteer nie.
Soms weet ons nie waar om te begin nie of ons het nie die vrymoedigheid om met iemand te praat of te vra vir hulp nie.
Die probleem is, daardie onderliggende trauma kan so GEWELDIGE effek he op ons lewens dat dit net nog meer skade berokken sonder dat ons besef dat dit die OORSAAK is... soos julle sal sien deur na my storie te kyk op Youtube.
Ek gaan nie my storie weer in persoon deel by die damesoggend nie omdat dit baie lank is. Ons gaan meer fokus op die Heilige Gees se leiding om dames te help met genesing, en ek sal ook vrae beantwoord en meer persoonlik deel oor my storie.

Vat bietjie tyd vir jouself en kom vind uit hoe om genesing te kry vir jou stukkende siel.
Dames wat reeds hul pad van genesing gestap het en graag hul storie wil deel, is ook baie welkom.
Die fokus gaan wees op genesing vir enige trauma. Die byeenkoms is nie net vir dames met 'n soortgelyke storie soos my storie nie.
Soms besef mens nie dat trauma die oorsaak is van baie van jou probleme of verkeerde keuses nie, jy voel net iets is nie reg nie maar jy weet nie hoe om dit te hanteer nie.
Toe my kids gebore was, was ek so oorweldig sonder dat ek weet wat aangaan en eers jare later nadat ek alles verloor het, het ek besef dat ek nie eers met my eie kinders kon "cope" nie, as gevolg van my onderliggende trauma. En dat dit die res van my lewe my keuses beinvloed het.
Daarom wil ek ALLE dames nooi om tyd te maak, kom luister net en laat die Heilige Gees toe om vir jou te openbaar in watter area jy nog genesing nodig het.
Ons gaan lekker saam kuier, lag, huil en bid.
Dit gaan baie informeel wees, kom net soos jy is... stukkend, moeg of raadop, maak nie saak nie!
Ons drink 'n koffie / tee en elkeen ontvang 'n gratis geskenkie!
Die oggend is GRATIS, maar omdat ons moet voorberei dat daar genoeg sitplekke is MOET julle asseblief per epos bespreek. Jy kan going kies op hierdie FB event, maar jy moet nogsteeds ook per epos bevestig asseblief.
Stuur epos na [email protected] en se dat jy die "Broken to RegtigBlessed" damesoggend gaan bywoon op 4 Maart.
Advertisement

Where is it happening?

RegtigBlessed, 565 Rubenstein Drive Moreletapark,Pretoria, South Africa

Event Location & Nearby Stays:

RegtigBlessed Clothing

Host or Publisher RegtigBlessed Clothing

It's more fun with friends. Share with friends