Bloei & Blom
Schedule
Tue Sep 16 2025 at 07:00 pm to 08:30 pm
UTC+02:00Location
Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa | Pretoria, GT
Hierdie is ’n bekendstelling, ’n anderse konsert, ’n deftige boeksirkus, ’n viering, ’n gesprek, ’n partytjie, dis alles!
Nataniël vertel die verhaal van ’n boek reeds 170 jaar in wording:
BLOEI + BLOM, ’n kunswerk, ’n koffietafelboek, ’n projek op ongekende skaal, ‘n viering van meer as 200 Afrikaanssprekendes, hul verhale, hul prestasies, uitdagings en oorwinnings, hul nalatenskap en inspirasie.
Nataniël deel die verhoog met die Charl du Plessis Trio en boekmaker par excellence, Ingeborg Pelser. Ook spesiale gaste:
Op 16 September, geliefde akteur Tobie Cronjé en legendariese argitek Pieter Mathews!
Op 17 September, filantroop / direkteur van StudieTrust, Murray Hofmeyr, en ikoniese beeldhouer, Angus Taylor!
Gehoorlede geniet ’n glasie sjerrie met aankoms, ook ’n glas vonkel ná die tyd.
Bespreek nou! Hierdie geleentheid is ’n móét vir elke boekliefhebber, vreugdevolle wese, dié op soek na die mees perfekte Kersgeskenk, dié op soek na iets unieks en Afrikaans vir die oorsese familie, dié met ’n beeldskone uitrusting wat gereed lê vir ’n glansgeleentheid, elkeen wat meegevoer word deur ’n duursame voorwerp en elkeen wat al lank, lank verlang na goeie nuus!
Where is it happening?
Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, Pretoria, South AfricaEvent Location & Nearby Stays: