Basaar en Rugbybraai
Schedule
Sat, 27 Sep, 2025 at 08:00 am
UTC+02:00Location
4 Janie Straat, 7560 Brackenfell, South Africa | Brackenfell, WC
Advertisement
Saterdag 27 September hou ons basaar!Dit is 'n propvol dag van pret vir die hele gesin.
Ons skop die dag af met 'n pretstap van 5km - met die hulp van @runwalkforlifebrackenfell. Inskrywings is R40. Jy kan die kerkkantoor vooraf kontak, of op die dag nog inskryf. Kom vang 'n draffie saam met ons!
Tussen 9:00-13:00 kan jy jouself trommeldik eet aan die beste basaarpoeding in die Kaap, sowel as pannekoek, hamburgers, kerrie en rys en vele meer. Ons het ook 'n buitemark met 'n verskeidenheid stalletjies.
10:00 het ons 'n hondeskou in samewerking met @Melandri Grooming Parlour. Inskrywings is R50 vir die eerste kategorie, en R10 vir elke volgende kategorie. Jy kan jou hond inskryf vir best dressed, best trick, best rescue en golden oldie - kom wys jou woef!
Wanneer jy jou middagslapie geneem het, en jou kos-koma afgeslaap het, kan jy 17:10 die rugby by ons op grootskerm kom kyk. Teen R100pp (of R320 vir 'n gesin van 4) kry jy toegang tot die rugby en 'n braaivleis-ete met bykosse. Ons loot ook 'n hele paar getekende rugby truie uit. Jy kan jou lootjies by die kerkkantoor koop teen R50. Daar is sover Springbok, Cheetahs mans en -vroue, Bulle, Haaie, WP en Boland truie op die spel.
Advertisement
Where is it happening?
4 Janie Straat, 7560 Brackenfell, South Africa, 4 Janie St, Brackenfell, 7580, South AfricaEvent Location & Nearby Stays: