Agter elke man - die musiekblyspel || AfriForum Teater
𝘈𝘨𝘵𝘦𝘳 𝘦𝘭𝘬𝘦 𝘮𝘢𝘯 – 𝘥𝘪𝘦 𝘮𝘶𝘴𝘪𝘦𝘬𝘣𝘭𝘺𝘴𝘱𝘦𝘭 bring bekende karakters, humor en verhoudings van die oorspronklike reeks na ’n nuwe generasie – met oorspronklike musiek en ’n vars verhoogervaring.
Elandré vertolk die rol van Bruce Beyers, met Amanda Strydom as die onvergeetlike Antie Stienie. Onder regie van Jannes Erasmus, met oorspronklike musiek deur Johan Vorster en Jacomien de Wet, word dié geliefde Afrikaanse storie in ’n kleurryke 80’s-wêreld opnuut vertel.
Die produksie is geskoei op die oorspronklike 𝘈𝘨𝘵𝘦𝘳 𝘦𝘭𝘬𝘦 𝘮𝘢𝘯 -televisiereeks en -film en het ’n ouderdomsbeperking van 13 jaar weens volwasse temas, insluitend tonele en verwysings na geweld, dwelms en alkoholgebruik.
Where is it happening?
Event Location & Nearby Stays:



















